Genade!

Fri 27 Aug 2010, 13:02        20 Comment(s)     Report Abuse

Maar Snotkop kan 'n girl kies!

 

...en dan is die grootste deel van die video natuurlik in my home valley opgeneem!

 

Leave a comment on this post...

Topics: 


Build me up Buttercup

Thu 26 Aug 2010, 14:03        4 Comment(s)     Report Abuse

Uit een van die snaakste flieks wat ek al ooit gesien het...

 

 

 

 

Leave a comment on this post...

Topics: 


Charlene se lys - soos gesien by Modderkoekie

Wed 25 Aug 2010, 16:52        9 Comment(s)     Report Abuse

1. As kind, wat wou jy geword het as jy eendag groot is? Op ‘n stadium 'n advertensie draaiboekskrywer (toemaar ek weet, WTF!?!?!!?)

 

2. Waantoe sal jy wil gaan vir julle tweede (of eerste!) wittebrood? Vir ‘n tweede een, iewers eksoties…

 

3. Wat laat jou lag? My waardering vir humor strek so wyd dat ek verskriklik maklik die humor in enige iets kan sien.

 

4. Waarvoor sal jy wêreldberoemd (famous) wil wees? Dat ek nie wêreldberoemd is nie.

 

5. Watter item het jy altyd in jou handsak/broeksak/aktetas? My pen.

 

6. Watter persoon het die mees deurslaggewende invloed in/op jou lewe gehad? My vrou

 

7. As jy ‘n boek kan skryf, wat sal die onderwerp daarvan wees? Mense se gebrek aan selfkennis

 

8. Wat beskou jy as die beste uitvindsel ooit? Die tandeborsel

 

9. As jy een gebeurtenis/moment in jou verlede kan verander, wat sal dit wees? Dis iets wat ek eerder vir myself hou…

 

10. Wat beskou jy as jou grootste prestasie? My ewige optimisme.

 

11. As jy vir die res van jou lewe slegs een gereg mag eet, wat sal dit wees? Cheeseburgers

 

12. Wat is jou gunsteling stokperdjie/tydverdryf? (As jy tyd sou hê vir so iets!) Ek ondersoek graag alternatiewe denkrigtings & ek is mal oor musiek

 

13. Wat maak jou regtig kwaad? Mense sonder enige mate van lojaliteit

 

14. Wat is jou mees kosbare besitting? Ek het nie ‘n besitting wat ek nie bereid is om te verloor nie.

 

15. Watter doelwit wil jy nog in jou lewe bereik? Ek wil graag ‘n bydrae maak tot iemand se lewe wat daardie persoon se lot verander.

 

16. Watter gebeurtenis het die mees invloedryke uitwerking op jou lewe gehad? My verhoudingskrisis van verlede jaar

 

17. Wat is jou natuurlike haarkleur? Bruin.

 

18. Wat is jou beste karaktereienskap? Lojaliteit.

 

19. As jy een hele Saterdag vir jouself het, wat sal jy doen? Ek sal Kaapstad se CBD platloop.

 

20. Wat is jou “pet peeves”; watse klein goedjies sit jou af? Swak persoonlike higiëne, mense wat ander mense ignoreer.

 

21. Wat is jou mooiste herinnering? Cindy Crawford. In my bed. Kaal. En tevrede. (wel, dit is vir my ‘n herinnering ok! Of is dit nou ‘n fantasie? Whatever!)

 

22. As jy iets kon uitvind/bou/ontwerp om jou lewe te vergemaklik, wat sou dit wees? 'n USB poort vir mens se brein.

 

23. As jy een iets aan jouself kan verander, wat sal dit wees? Om soms my moer te kan pluk.

 

24. Watter drie woorde beskryf jou persoonlikheid die beste? Baie baie rustig

 

25. Wat verkies jy: stoute verpleegstertjie in ‘n klein wit mini; wulpse “french maid” met ‘n valletjie-voorskoot en verestowwer; “catwoman” in ‘n gladde leer “leotard” en ‘n sweep; of preutse bibliotekaresse met ‘n bril en ‘n bolla en ‘n kop vol planne? Daai bibliotekaresse klink aanloklik…my kollegas spot my reeds oor ek so gereeld biblioteek toe gaan!

 

26. Wat is die beste raad wat jou ma jou ooit gegee het? Dis moeiliker om stadig te ry as vinnig daarom sal goeie bestuurders nie onnodig jaag nie

 

27. Wat beskou jy as goeie vermaak? Live musiek

 

28. Watter karaktereienskap in jou man/vrou het jy die meeste waardering voor? Sy kan nogal stout wees as sy die dag wil!

 

29. As jy ‘n superhero kon wees, wie sou jy wees en hoekom? Flash, hy was nog altyd my hero oor hy flippin vinnig is.

 

30. Watter deel van jou lyf hou jy die meeste van? Ek laaik my ore…ek moet, hulle was duur (lang storie!)

 

31. Watter vaardigheid sal jy graag wil baasraak? Ek sal graag wil kan kitaar speel.

 

32. Wat doen jy om te ontspan? Hoe bederf jy jouself? Ek gooi my ‘n glasie iets (verkieslik ‘n lekker rooie) sit die ligte af en sit GOEIE musiek aan.

 

33. Wat laat jou huil? Ek is ‘n man. Mans huil nie. Mans raak bewoë. Veral agv movies soos Toy Story 3.

 

34. As jy ‘n totaal nuwe loopbaan/beroep kan kies, wat sal dit wees? Professor

 

35. Een ding waarin jy regtig goed is? Probleemoplossing

 

36. As jy jou kinders een les kan leer, wat sal dit wees? Geniet die lewe en moenie te gou probeer oud word nie.

 

37. Hoe sal jy jouself vermaak as jy aan slapeloosheid ly? Ek het nog nooit die probleem gehad nie.

 

38. Wat beskou jy as die basis vir ‘n suksesvolle huwelik? Respek vir wie en wat jou maat werklik is.

 

39. As jy ooit ‘n ontkleedanseres word, wat sal jou “stage name” wees? Buttercup.

 

40. Waarvoor sal jy graag eendag onthou wil word? Ek hou nie van die limelight nie en wil daarom nie eintlik deur baie mense onthou word nie.

 

Leave a comment on this post...

Topics: 


Opvoeding en Kwalifikasies

Wed 25 Aug 2010, 14:44        3 Comment(s)     Report Abuse

Mavis doen aansoek vir werk.

 

Eienaar vra by die onderhoud :  Het jy tik geneem op skool?

 

Mavis:  Nei jirre Meneer, daai djarre wassit nog net papsak en dagga.

Leave a comment on this post...

Topics: 


TAALGEBRUIK IN DIE WERKSPLEK - 'n goeie ou ene!

Tue 24 Aug 2010, 08:19        11 Comment(s)     Report Abuse

TAALGEBRUIK IN DIE WERKSPLEK :
 
Dit het onder my aandag gekom dat sommige individue in die organisasie kru taal tydens normale
gesprekvoering teenoor hul kollegas gebruik.  Weens klagtes vanaf sekere werkers in die verband, sal die gebruik van hierdie tipe taal nie langer geduld word nie.  Ons besef egter die noodsaaklikheid daarvan om in staat te wees om akkurate menings teenoor kollegas te kan uitspreek.  Die volgende nuwe en innoverende uitdrukkings word derhalwe aanbeveel ten einde gedagtes en inligting op 'n effektiewe wyse te kan oordra :
 
1.   Gebruik Liewer :
       Ek dink addisionele opleiding sal waardevol vir jou wees
       In plaas van :
       Jy't geen fokken idee wat jy doen nie.
 
2.   Gebruik Liewer :
      Sy's 'n dinamiese werknemer.
      In plaas van :
      Sy's 'n hardegat-teef.
 
3.   Gebruik Liewer :
      Ek kan moontlik oortyd werk.    
      In plaas van :
      En wanneer de fok dink jy moet ek dit doen?
 
4.   Gebruik Liewer:
      Ek is oortuig daarvan dis nie lewensvatbaar nie.
      In plaas van :
      Daar's nie 'n fokken manier nie!
 
5.   Gebruik Liewer:
      Werklik?
      In plaas van :
      Moenie kak praat nie!
 
6.   Gebruik Liewer:
      Die probleem sal beslis aandag ontvang.
      In plaas van :
      Vertel dit vir iemand wat 'n fok omgee!
 
7.   Gebruik Liewer :
      Ek was nie by die projek betrokke nie.
      In plaas van :
      Dis nie my fokken probleem nie!
 
8.   Gebruik Liewer:
      Dis interessant.
      In plaas van :
      Wat de fok?
 
9.   Gebruik Liewer:
      Ek is nie seker dat dit geïmplementeer kan word nie.
      In plaas van :
      Hierdie kak sal nie werk nie.
 
10.  Gebruik Liewer:
       Ek sal dit probeer skeduleer.
       In plaas van :
       Hoekom de fokken hel het jy my nie vroeër gesê nie!
 
11.  Gebruik Liewer :
        Hy's nie vertroud met die aspekte nie.
        In plaas van :
        Die idioot weet fokkol!
 
12.  Gebruik Liewer :
        Verskoon my, meneer?
        In plaas van :
        Ag fok jou!
 
13.  Gebruik Liewer:
        So jy was nie gelukkig daarmee nie?
        In plaas van :
        Jammer om van jou kak te hoor.
 
14.  Gebruik Liewer :
        Ek is 'n bietjie oorlaai op die oomblik
        In plaas van :
        Fokkit, ek verdien ook maar net 'n salaris!
 
15.  Gebruik Liewer :
        Ek dink nie jy verstaan nie.
        In plaas van :
        Druk dit in jou gat!
 
16.  Gebruik Liewer :
       Ek's mal oor 'n uitdaging!
       In plaas van :
       Dis 'n kak job hierdie!
 
17.  Gebruik Liewer :
        Wil jy hê dat ek dit uitsorteer?
       In plaas van :
       Wie's dood en het jou die fokken baas gemaak?
 
18.  Gebruik Liewer :
       Hy's ietwat onsensitief.
       In plaas van :
       Hy's 'n doos.

Leave a comment on this post...

Topics: 


Athlone Koeltorings

Mon 23 Aug 2010, 12:03        8 Comment(s)     Report Abuse

Kyk, ek wil nou nie snaaks wees nie, maar dis Afrika. En as daar nou een ding in Afrika is wat NIE werk soos die res van die wêreld nie, is dit tyd. Soms gaan mens Binnelandse sake toe en wag jare vir 'n ID boek; soms vat die proses 'n week. Mens weet nooit hoe die tydsberekening gaan wees nie. Ek het vir so tydjie 'n paar maande gelede trein gery. En, verbasend genoeg, was die trein nogal op tyd die meeste van die tyd. Soms tot 15 minute laat en soms, glo dit of nie, vroeg. Nie net vroeg by die stasie nie; sommer vroeg daar weg ook!

 

So wanneer mens 'n uitstappie beplan en daardie uitstapie fokus op iets wat op 'n spesifieke tyd moet gebeur, neem dit in ag. Moenie by my kom huil dat die koeltoring 3 minute vroeg gesloop is en jy dit daarom gemis het nie. Dis Afrika. Wees bly dit het op die regte DAG gebeur.

 

Ek is nie noodwendig negatief of beledigend nie. Ek verstaan hoe dinge hier werk en het my daarby aangepas (...when in Rome...). So, as jy hier gebore is en jy VERSTAAN nie hierdie dinge nie, gaan daar BAIE belangrike, selfs lewensbelangrike, dinge wees wat jy nie rêrig verstaan van ons liewe kontinent nie.

 

Anyhow, vir die wat dit gemis het:

 

 

 

 

Leave a comment on this post...

Topics:  athlone   koeltorings   dis afrika of jy daarvan hou of nie  


Nog 'n bieg.

Fri 20 Aug 2010, 09:09        6 Comment(s)     Report Abuse

Ek het as kind comics versamel. En ek het BAIE gehad. En ek het nogsteeds 'n geheime stash waarvan my vrou nie weet nie (of ek dink nie sy weet nie!).

 

My prized item:

 

 

 

 

Hy is in "mint" kondisie. 1ste print. Oorspronklik.

Leave a comment on this post...

Topics:  bieg   maankind  


Page 
1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   | Next

Tools

Help!

User Profile

Bernard

gaan deur 'n moeilike tyd

Gender: Male Send Message Send Message
City: Cape Town Add to Friends Add to friends
Country: South Africa Block Block user

Stats

Afrigator Rank

Views: 15669
Comment(s): 2404
Rating:
Get in-depth stats on your blog and see where you rank on 24.com and in the whole of SA. Click here to activate.

Subscribe to this blog

Subscribe to email updates from this blog

Subscribe to RSS updates from this blog

Invite

You have 9 subscriber(s)

Badges

Recently Updated Blogs

Popmomma Pop momma TheGreenMan TheGreenMan Poetry and ... De Waal
Misunderstood lee Me and Mine Shazzie Me and the ... Blackorchid

Archive

janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec
janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec
janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec
janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec